Sunday, March 22, 2009

'n ode aan meneer de beer

ek skryf hierdie ode aan jou meneer de beer
nie omdat jy wel padlangs die rigting he(me)l toe gevind het nie
maar omdat ek my knieë sal deurbid
vir die dag dat gedagtes aan jou in dronkenskap sal sterf

jou onsekerhede dra jy soos die leerband om jou arm
vervleg met dit wat jy as die werklikheid beskou
rigtingloos harteloos kommapuntloos
besing ek hierdie ode aan jou

ek vel ‘n groot fok jou voor jou voete neer
want moeder medusa het haar seun geseën
met ‘n kyk in jou rigting
het my hart van vlees verander in een van steen

jy’t my woorde laat uitruk
‘n ballade van bloed aan jou laat rig
maar al het die ink gevloei
was dit tog so moeilik om jou af te skryf

meneer de beer
miskien sal jy tog ‘n paar gewoontes moet verleer
jou nooi is nie ‘n naartjie nie
jy’t haar hart verskeur

of dalk net haar skil van leer